Maandag was die 33ste dag van die hofsaak teen Christopher Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes, Sinethemba Nenembe en Zolani wat aangekla word van sameswering, ontvoering en die moord op Jayde Panayiotou op 21 April 2015. Sersant Aldré Koen het vanoggend aan die hof genoem dat Christopher twee selnommers vir die beweerde middelman, Luthando Siyoni, gehad het. "Chris het vir my gelieg, Hy het my eers 5 nm vertel dat Siyoni hom gebel het en vir my 'n verkeerde nommer gegee," het Aldré gesê.

Terry het gesê volgens Christopher het Aldré 'n fout begaan oor die telefoongesprek op 28 April. Christopher sou hom bel en vra vir 'n ontmoeting. Hy sou ook dan genoem het dat hy oproepe van vreemde nommers ontvang. Christopher sou ook na bewering aan Aldré noem dat Luthando hom 17:00 daardie middag sou ontmoet toe Aldré met hom 'n afspraak wou maak. Maar Aldré sê die ontmoeting sou tussen hom en Christopher wees en dat dit uitsluitlik sou handel oor sy verhouding met Jayde en haar bankrekenings. Hy wou eerste vir Christopher ontmoet en sou daarna vir Luthando ontmoet, vandaar die versoek vir laasgenoemde se selfoonnommer.

Vroeër vanoggend

Voor die verhoor 'n aanvang geneem het, het Christopher die beskuldigdebank verlaat om 'n gesprek met adv. Terry Price, sy regsverteenwoordiger, te voer.
Sersant Aldré Koen was vanoggend eerste in die getuiebank om onder kruisverhoor geneem te word.
Daar is deurentyd groot gewag gemaak rondom die voorlees van Luthando se regte al dan nie. Aldré getuig dat hy gesien het hoe luitenant-kolonel Willie Mayi die kennisgewing van regte invul, maar hy het self nie die verbale waarskuwing gehoor nie. Terry lug sy kommer rondom die ooreenkomste tussen Kanna Swanepoel en Aldré se verklarings. Albei se verklaring dui aan Luthando wou nie die vir Christopher die spit afbyt nie en dat hy aangebied het om hom te bel.