Vrydag het die beweerde middelman in die opspraakwekkende moord van Jayde Panayiotou meer geredelik op vrae aan hom gestel, reageer. Dit was Luthando Siyoli se sesde dag in die getuiebank in die Port Elizabethse hooggeregshof. Die hof het vandag gehoor Luthando se ma het hom glo probeer oorreed om 'n staatsgetuie te word. Maar hy het geweier. Sy sou in reaksie daarop die hof in trane verlaat.

Volgens Luthando het hy nie kans gesien om te lieg nie.
Terwyl die staatsaanklaer, Marius Stander, vir die vorige twee dae deurlopende die koue skouer van "ek gaan nie antwoord nie" van Luthando ontvang het, was hy vandag besonder spraaksaam teenoor Terry Price wat namens Christopher Panayiotou optree.

Hy het deurentyd ontken dat hy enigsins oor sy regte ingelig is toe die polisie hom by Infinity-nagklub opgelaai het. So ook toe hy in hegtenis geneem is.

Christopher Panayiotou: 10 goed wat jy moet weet

Siyoni is glo ook nie van sy regte bewus gemaak toe hy sy afdeling 204-verklaring afgelê het nie.

Volgens hom sou die polisie ook nie sy toestemming gehad het om sy huis te deursoek of sy bykomende selfone en simkaarte te bekom nie. Luthando het ook aangedui dat hy, vandat die polisie hom rondom 20:00 op 27 April 2016 by Infinity opgelaai het tot waar hy vroegoggend op 28 April in die aanhoudingsel in Fort Beaufort geplaas is, glad nie geslaap het nie. Luthando wou vandag seker maak dat daar ag geslaan word op sy bewering dat hy aangerand is deur die polisie. "Dit lyk asof niemand glo ek is aangerand nie," het hy aan Terry gesê. Kanna Swanepoel het volgens Luthando wel sy beserings gesien. Hy sou hom ook na bewering daaroor inlig.

Luthando sê hy was onder druk en deur die polisie forseer om 'n oproep na Christopher te maak. Dié oproep is glo 'n uur na Jayde se begrafnis gemaak.
Die oproep sou vanaf Swanepoel se selfoon gemaak word. Altesaam 14 oproepe is vanaf daardie selfoon na Christopher se selfoon gemaak.
Volgens Luthando het hy geen ander keuse gehad as om te sê wat deur die polisie aan hom voorgesê is nie. Panayiotou-saak: ‘Chris het my gevra om iemand te soek om sy vrou dood te maak,’ getuig vermeende middelman Terry stel dit aan Luthando dat hy deurentyd om regshulp gevra het, hy dit eers ontvang het nadat hy met Christopher kontak gemaak het. Siyoni bevestig dit.
Hy noem ook dat Swanepoel aan hom sou gesê het dat Christopher hom wou doodmaak.
Terry sê aan die hof dat Christopher vir Luthando van geen kant af geken het nie. Hy sê Luthando maak 'n fout wanneer hy sê dat Christopher vir hom R80 000 gegee het om aan Sizwe Vumazonke te gee. Maar Luthando kap terug en sê dat dit nie 'n fout is nie.
Vandag was die 28ste dag van die saak waarin Christopher Panayiotou, Sinethembe Nenembe en Zolani Sibeko verhoor word vir die ontvoering van en moord op sy vrou, Jayde, in April 2015.
Geen van Jayde se familie het die verrigtinge vandag bygewoon nie. Christopher se familie was wel teenwoordig.
Christopher in gesprek met sy ma en 'n familievriend tydens 'n kort verdaging van die hof.