Sy wys kaarte aan die hof wat aandui watter selfoontorings geïdentifiseer deur dit te vergelyk met die selfoonnommers wat met die moordsaak verbind word.

Die Windvogel-toring, naby waar Jayde Panayiotou vermoor is, is ook op een van die kaarte. Selfoontorings in Algoa Park en naby die Ambassador-woonstelle verskyn ook op die kaart.

Sy getuig ook dat daar een SIM-kaart is wat in verskeie selfone gebruik is.

Sy kan ook inligting tot so ver terug as 2009 van die SIM-kaart se profiel aflei. Dit is gekoppel aan ’n Top Up-kontrak. Daar word ook aangedui in watter soort selfone die betrokke kaart gebruik is.

Heyneke getuig dat die inligting wat verskaf is, 99 persent in die kol is.

Adv. Peter Daubermann, wat vir die vermeende huurmoordenaar, Sinethemba Nemembe, en medesamesweerder Zolani Sibeko, optree, dui aan dat hy sy eie selfoondeskundige wil raadpleeg.

Heyneke word verskoon, maar word ingelig dat sy wel weer teruggeroep kan word om verder te getuig.

Adv. Terry Price versoek die staat om die SD-kaart, waarop die geheime video-opname verskyn, aan die verdediging verskaf moet word. Hy beskryf dit as die primêre bron van die getuienis. Price beweer dieselfde kaart is herhaaldelik gebruik. Die staatsaanklaer, Marius Stander, sê hy sou ook die kaart wou sien.

Price wil ook die voertuig wat ingespan is tydens die geheime opname, se ritbesonderhede bekom en wie die motor uitgeboek het.

Kyk weer na die geheime video-opname

Tydens die geheime video-opname kan gesien word hoe Christopher Panayiotou 'n selfoon uitmekaar haal. Hy moedig die beweerde middelman, Luthando Siyoni, aan om van sy selfoon ontslae te raak.

Christopher Panayiotou, word van sy vrou, Jayde, se ontvoering en moord aangekla. Sy medebeskuldigdes is Sinethembe Nenembe en Zolani Sibeko. Die gewilde 28-jarige onderwyseres van die Baai is op 21 April 2015 ontvoer. Haar lyk is 24 uur later in die bosse gevind.

Die hof verdaag tot 9:30 Dinsdagoggend.