Paktyd vir Kate

Catherine sal na verwagting in die Lindo-vleuel van die St. Mary-hospitaal in die weste van Londen kraam. Dis een van die eksklusiefste privaat kraamfasiliteite in Brittanje en ’n gunsteling onder koninklikes. Catherine se man, William, sy broer, Harry, en hul neef en niggie Peter en Zara Phillips is daar gebore.

Hier is die hospitaal se aanbevelings vir Catherine:

1.            Toepaslike inligting en ’n geboorteplan.

2.            Toiletbenodighede en items soos ’n kam of borsel.

3.            Versekeringsdokumente (indien van toepassing).

4.            ’n Bietjie kontant.

5.            Geen waardevolle items nie.

6.            Klere, insluitend ’n kamerjas, pantoffels, nagklere, sokkies, hemde wat voor oopmaak (vir borsvoeding), voedingbra’s en klere vir wanneer die tweetjies ontslaan word.

7.            Goedjies vir die baba, insluitend ’n kombers, sokkies, ’n hoedjie en ’n paar slaappakkies.

Die hertogin kan boonop uitsien na diens uit die boonste rakke:

1.            Sy gaan etes kan bestel van ’n omvangryke spyskaart vol voedsame geregte.

2.            Daar is afsonderlike kraamvertrekke en ’n kraambad.

3.            Elke suite het ’n satelliet-TV, radio, foon, kluis, internettoegang en ’n yskas.

-              Faiza Mallick

Bronne: eonline.com, guardian.co.uk

BLOG

Ons koninklike blogger vertel watter protokol en tradisies alles ’n rol gaan speel met die aankondiging van die nuwe Britse troonopvolger se geboorte - lees dit hier.