Daphne Sehota (62) het aan News24 gesê die bestuur van die Amber Court-ouetehuis het haar gevra om te loop om vir iemand anders plek te maak.

Daphne, wat sewe maande lank in die tehuis gebly het, beweer ’n ander mens sou haar plek inneem. Sy sê die bestuur van die tehuis vir haar gesê hulle sal haar “met dwang” uitsit as sy nie loop nie.

Lees ook: Sjarmante man vra sy meisie op ’n unieke manier om haar hand

Die bejaarde vrou sê sy het al in 2014 vir ’n plek in die tehuis aansoek gedoen.

Sy sê ’n vriend het haar ingeneem en hulle het saam gewoon, maar die vriend het sedert uitgetrek en sy het agtergebly.

Die bestuur het haar glo genader en gevra om weer vir ’n plek in die tehuis aansoek te doen en gesê dat sy sal op ’n waglys geplaas word, sê Daphne.

Lees ook: Huisskoonmaak kan jou rietskraal maak

“Die DA het vir my gesê ek moet daar bly, want die bestuur kan my nie net uitskop nie,” sê sy.

Daphne se goeie vriendin Lorraine Vries sê: “Ek is baie bekommerd oor haar, want sy is ’n diebeet en sy eet nie behoorlik nie.”

Die areabestuurder vir behuising in Vrededorp, Monica Molepsani, wou nie oor die saak kommentaar lewe nie.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Musiek kan jou liefdeslewe ’n hupstoot gee

Is wolkbrood die antwoord op jou lae-koolhidraat-gebede?

Minder oefening ‘lei tot kleiner brein’

Die eenvoudige geheim om jou selfoon se batterylewe te verleng