Die verkeerslig was bloedrooi toe die jong blonde administrasieklerk die oggend voor werk in spitsverkeer die briesende vrou agter haar gewaar.

Caroline Smith (24) van Brakpan het nooit gedink dié wildvreemde vrou wat op haar blêrende toeter lê, haar met handgebare vloek en aanhoudend haar hoofligte vir haar flits, sou haar aan die hare gryp en fisiek leed aandoen nie . . .

Caroline se fyn, gemanikuurde hande bewe in haar skoot waar in haar ouerhuis op Brakpan langs haar ma, Wimpie (57), sit en die angswekkende verhaal vertel.

[caption id="attachment_124387" align="aligncenter" width="600"]Foto: Dino Codevilla Foto: Dino Codevilla[/caption]

“Ek het vir die vrou gewys ek kan nêrens heen gaan nie. Die lig was rooi en daar was ’n vragmotor langs my. Ek was nie van plan om te jaag met ’n kind in my kar nie!”

Dit was skoolvakansie, en Caroline se 11-jarige broerskind was op die agtersitplek. Sy vertel sy was versigtiger as gewoonlik in die swaar verkeer.

[caption id="attachment_124392" align="aligncenter" width="600"]Foto: Dino Codevilla Foto: Dino Codevilla[/caption]

Maar die oggend van daardie Maandag 4 April het die netjiese beroepsvrou net kwater en kwater geword – veral toe Caroline, in die heel regterkantste baan, vermoedelik te stadig na haar sin gery het.

Pleks daarvan dat die vrou Caroline en die vragmotor net verbysteek toe die pad kort daarna drie bane word, was die gort gaar. Caroline is langs die R23 naby Brakpan van die pad afgedruk en haar motorspieël het glo in die slag gebly.

Die ander motoris het glo voor Caroline stilgehou.

[caption id="attachment_124390" align="aligncenter" width="600"]Foto: Dino Codevilla Foto: Dino Codevilla[/caption]

“Sy het uitgeklim,” vertel Caroline terwyl sy met haar hand beskermend aan die oogklap van haar erg beseerde regteroog raak. “Ek het nog gedink ons gaan net woorde wissel, toe klap sy my,” beweer Caroline.

[caption id="attachment_124393" align="aligncenter" width="600"]Foto: Dino Codevilla Foto: Dino Codevilla[/caption]

Caroline beweer al wat sy gedoen het, was om die vrou se vinger in haar gesig weg te vee en haar te vra om op te hou daarmee.

Foto’s van Caroline wys hoe sy geslaan is.

[caption id="attachment_124386" align="aligncenter" width="600"]Foto: Dino Codevilla Foto: Dino Codevilla[/caption]

Haar kop is glo ook herhaaldelik teen die ander motor se enjinkap gekap. Huisgenoot is in besit van ’n video wat ’n ander motoris van die voorval geneem het.

verskaf USE

Daarin kan ’n mens sien hoe Caroline aan haar hare rondgepluk word. Sy is ook met ’n sleutel aangeval. Die sleutelpunt is twee keer in haar agterkop en in haar regteroog gedruk. Die sleutel is wonderbaarlik nie deur die oogbal nie en haar huisdokter kon haar beserings kort ná die voorval in sy spreekkamer behandel.

[caption id="attachment_124395" align="aligncenter" width="600"]Foto: Dino Codevilla Foto: Dino Codevilla[/caption]

Lt. Nomsa Sekele, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer staar die verdagte in die gesig. Sy sê die saak word nog ondersoek en die verdagte het nog nie in die hof verskyn nie. Die vrou was ook nie bereid om enige kommentaar te lewer nie.

’n Mens kan glad nie dink dat iemand wat na ’n gewone beroepsvrou van so iets verdink kon word nie. Kenners is dit egter eens dat sy nie net daardie oggend met die verkeerde voet uit die bed opgestaan het nie . . .

Suid-Afrikaners en padwoede

Karen van Zyl, afrigter by The Anger and Stress Management Centre in Pretoria, vertel tot 70 persent van die mense wat by dié sentrum aanklop, ly aan ’n graad van padwoede.

“Padwoede kan ’n teken wees dat die mens ander probleme ervaar. Dit word dan soos ’n drukkoker. Soms is ’n onbenullige voorval op die pad die druppel wat die emmer laat oorloop.”

Dr. Jacques van Zyl, sielkundige en gedragspesialis van Johannesburg, meen aggressiewe bestuur en selfs padwoede is beslis aan die toeneem in Suid-Afrika, veral in en om stede met swaar verkeer.

Lees ook: Skokkende padwoedevoorval: Man met eie motor omgery

“Die algemene frustrasie en ongeduld van padgebruikers neem toe en die pad is ’n gerieflike plek om daaraan uiting te gee. Baie mense sien hul motor as ’n verlenging van hulself,” meen Jacques. Hy sê 95 persent van al die voorvalle wat mense as “padwoede” beskou, is eintlik net voorbeelde van aggressief bestuur.

“Aggresiewe bestuurstyl en padwoede is kommerwekkend,” sê dr. Anesh Sukhai, senior wetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se eenheid vir navorsing oor geweld, beserings en vrede. Anesh, wat in padveiligheidsnavorsing spesialiseer, sê padwoede en aggressiewe bestuursgedrag dra baie by tot ons hoë padsterftesyfer.

“Dit word egter nie as voorvalle van padwoede beskou nie, want as iemand byvoorbeeld ’n ander motoris van die pad af dwing, word dit as ’n ongeluk aangemeld en gedokumenteer en nie noodwendig as ’n padwoedevoorval nie.”

Lees ook: Motoris doodgeskiet in padwoede-aanval

In ’n Durbanse studie waarin Anesh die hoofondersoeker was, is ondersoek wanneer gedrag bloot ’n aggressiewe bestuurstyl en wanneer dit op padwoede neerkom. Meer as ’n 1 000 mense het aan die studie deelgeneem.

Anesh verduidelik die eerste vlak van “aggressiewe padgedrag” is die algemene irritasie en frustrasie wat die meeste mense ervaar wat al in die verkeer vasgesit het. Die volgende vlak sluit in die gebruik van onsensitiewe en obsene gebare, asook onvanpaste en oormatige gebruik van die toeter en hoofligte.

“Op die eerste twee vlakke kan die bestuurder nog hul woede in toom hou en hou hulle dus nie noodwendig ’n bedreiging vir ander in nie.”

Op die volgende twee vlakke is die motoris se woede egter buite beheer, sê Anesh. Op vlak drie van matige padwoede kom uitdrukkings van bedreigende of intimiderende gedrag voor, soos om ’n ander motor af te sny of die ander motoris te volg of te jaag.

Anesh sê dis kommerwekkend dat 95 persent van die deelnemers erken het hulle het al aan die ontvangkant was van sulke gedrag. Tot 45 persent het erken hulle het sulke gedrag geopenbaar.

Die ergste vorm van padwoede word gekenmerk deur direkte konfrontasie, soos om woorde te wissel of ’n ander motoris fisiek aan te rand. Altesame 25 persent van deelnemers het erken hulle was al in sulke voorvalle betrokke en 10 persent het erken hulle het hulle aan sulke gedrag skuldig gemaak.

Lees ook: Is jy ‘n Willie Weet-alles of Meneer die onderwyser agter die stuur?

Anesh vertel persoonlikheidsfaktore, soos wanneer iemand ’n lae frustrasiedrempel het of geneig is om woedeuitbarstings te hê, speel ’n groot rol. Faktore soos verkeersopeenhopings kan ook ’n invloed hê.

Albei partye dra egter by tot padwoedevoorvalle, sê Anesh. “Die sogenaamde slagoffers ontketen aggressiewe en padwoedegedrag, hoewel dit nie die optrede van die oortreders regverdig nie.

Jacques meen Suid-Afrikaners sukkel veral met die verskynsel van “etikettering”. “Die aggressiewe bestuurder dink daardie ander mens doen iets aspris en voel hy moet hom ’n les leer. Mense dink byvoorbeeld sekere gedrag is tipies van ’n vrou of wat iemand wat met ’n BMW ry. Op daardie oomblik skryf jy as’t ware die draaiboek vir jou eie gedrag.”

Karen-hulle sê hulle leer mense om met hulself te praat en asemhalingsoefening te doen. “Selfbewustheid is die belangrikste invloed wat jy op jouself agter die stuur het. Dink wat dit is wat jou kwaad maak. Ons leer mense tegnieke om hulle te help kalm raak en nie op die ingewing van die oomblik te reageer nie,” vertel sy.

Jacques sê as iemand aggressief teenoor jou optree, moet jy konflik probeer vermy – al beskou mans dit soms as ’n swakheid. Die kenners waarsku ’n mens weet nie waarmee die woedende motoris gewapen is nie. “Moet onder geen omstandighede uit jou voertuig klim nie. Probeer die situasie ontlont deur te sê: ‘Wat het jou so kwaad gemaak?’”

Internasionale navorsing toon tot sowat 85 persent van oortreders voer aan hulle sou nie gereageer het as die mens bloot jammer gesê het nie, sê Anesh.

Caroline sukkel baie om die voorval te verwerk. Sy gebruik nou onder meer kalmeer-, slaap- en depressiepille.

[caption id="attachment_124389" align="aligncenter" width="600"]Foto: Dino Codevilla Foto: Dino Codevilla[/caption]

“Ek voel bang, ek het seer, dit voel of ek nie meer weet wie ek is nie. Ek wil net in ’n donker hoek wees,” vertel sy twee weke ná die traumatiese voorval. Haar broerskind het al agt sielkundige beradingsessies gehad.

[caption id="attachment_124388" align="aligncenter" width="600"]Foto: Dino Codevilla Foto: Dino Codevilla[/caption]

“Ek wil weet hoekom sy my so geslaan het. Wat het ek gedoen om haar so leed aan te doen? Ek ken haar van geen kant af nie. Ek verwag ’n verskoning.”

Lees ook op Huisgenoot.com:

Ontmoet Noorweë se vuurwarm ‘Viking’ wat besig is om Instagram te verower

‘Hulle gil, skree en baklei in hul slaap!’: Kenners gee raad as jou geliefdes aan vreesaanvalle snags ly

Allesvernietigende brand lei tot duisende mense se ontruiming in Kanada

Kyk die ongelooflike oomblik toe ’n ongebore babameisie sigbaar in haar ma se maag omrol!