’n Man wat daarvan beskuldig word dat hy ’n motorfietsryer tydens ’n padwoede-voorval doodgeskiet het, het Donderdag die landdroshof in Roodepoort gevra om die saak teen hom af te handel.

Die arbeidsregkonsultant Meekahefele Mosooa het die hof vertel hy is moeg van die uitstelle.

Hy het magistraat Denise Smith direk aangespreek en gevra die aanklaer moet die status van die ondersoek aandui.

Hy het gevra die moordaanklag teen hom moet voorlopig teruggetrek word.

“As hierdie saak teruggetrek word, skakel dit die ongerief van hofverskynings uit,” het hy gesê.

“As die saak teruggetrek word en die ondersoek gaan voort en die staat bevind hulle het ’n saak teen my, weet hulle waar om my te vind,” het hy op ’n selfversekerde en selfgeldende wyse gesê.

Meekahefele het die hof vertel hy is welbekend in die land en sy adres is bekend. Hy het bygevoeg hy sal nie vlug nie.

Hy het versoek om die hof persoonlik toe te spreek omdat sy prokureur, wat na bewering siek was, nie teenwoordig was nie.

Die magistraat het hom daaraan herinner dat hy teregstaan op ’n ernstige aanklag, wat ’n lang ondersoek kan afgee.

Sy het vroeër gevra dat die ondersoekers hul werk doen.

“Ek is seker almal wil hierdie saak afhandel,” het sy gesê.

“Die polisie moet hul sokkies optrek en hul werk doen.”

Die saak is tot 30 September uitgestel.

Meekahefele het glimlaggend by die hof uitgestap sonder om na die openbare galery te kyk, waar die motorfietsryer Douglas Pearce se familie gesit het.

Hy het Douglas in Februarie tydens ’n padwoede-voorval op Malibongwe-rylaan in Northriding, Johannesburg, na bewering doodgeskiet.

Tydens die borgtogaansoek het dit bekend geword dat albei mans daardie dag ’n vuurwapen op hulle gehad het.

Meekahefele het die hof vertel hy het in selfverdediging opgetree.

Hy is op borgtog van R5 000.

Ná die verrigtinge het Douglas se familie en sy vrou, Tammy, om ’n prokureur versamel en besonderhede van die saak gevra.

Agterna is hulle buitentoe waar hulle by ’n groep motorfietsryer in baadjies vol embleme, wat die familie kom ondersteun het.

Hier is nuttige raad teen padbuffels