Die prokureur wat na bewering 'n motorfietsryer Vrydag in Malibongwe-rylaan in Randburg doodgeskiet het, het Maadag in die Roodepoort landdroshof verskyn op 'n moordklag.

Douglas Pearce (39) is Vrydagoggend in spitsverkeer doodgeskiet nadat 'n onderonsie tussen hom en die 44-jarige prokureur uitgebreek het.

Die onderonsie het tot 'n woedende woordewisseling gelei en albei mans het van dié pad, tussen Witkoppenrylaan en Boundaryweg, afgetrek.

Pearce is kort daarna in sy rug geskiet. Hy het op die toneel beswyk.

Die prokureur, Meekahaetele Motoau Masooa, 44, is op borgtog van R5 000 vrygelaat nadat hy onskuldig gepleit het. Die saak is tot 25 April uitgestel.

Die staat het aanvanklik borgtog teengestaan omdat hulle gevrees het vir die beskuldigde se lewe, omdat daar na bewering mense is wat Pearce se lewe wil wreek.

In haar borgtoguitspraak het landdros Denise Smith ook genoem dat die beskuldigde sedert Vrydag sy samewerking aan die polisie gegee het, en dat hy nie van die misdaadtoneel gevlug het nie.

Masooa het in 'n verklaring, wat deur sy prokureur, Victor Nkhwashu, voorgelees is, aangevoer dat hy in selfverdediging opgetree het. Die oorledene het glo die oggend in verkeer na hom gestap, 'n middelvinger gewys en op hom gevloek. Volgens Masooa het die oorledene 'n vuurwapen op hom gerig. [caption id="attachment_67684" align="alignnone" width="579"]Douglas se Kawasaki-motorfiets (Foto: Twitter) Douglas se Kawasaki-motorfiets (Foto: Twitter)[/caption] Talle motorfietsryers het ook by die landdroshof opgedaag. Sean Kedian, nasionale president van Ride 'till we rot-motorfietsklub, het gesê motorfietsryers is "moeg" vir dié soort padwoede wat daagliks teenoor motorfietsryers getoon word. "Julle hoef nie van ons te hou nie, maar dink 'n bietjie aan ons wanneer julle op die pad ry."

'Dink 'n bietjie aan ons wanneer julle op die pad ry.'

Hy het gesê motorfietsryers is daar, want hulle staan saam in solidariteit. "An injury to one is an injury to all. Ons sê vandag vir Douglas se familie ons is hier vir julle.

"Vir hóm (die beskuldigde) wil ons ook sê: Ons is vandag hier. Ons neem aanstoot dat so 'n ding gebeur het waar 'n motorfietsryer in sy rug geskiet is."

Bronne: Sapa, Beeld.com, EWN

[caption id="attachment_67351" align="alignnone" width="580"]Foto: https://twitter.com/0845471052/ Foto: https://twitter.com/0845471052/[/caption]