[caption id="attachment_168221" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie. Foto: Pexels Foto ter illustrasie. Foto: Pexels[/caption]

Dis nog nie duidelik wat die voertuig laat rol het nie, het Annine Dormehl, ER24-woordvoerder, gesê.

Twee vroue van 35 en 60 jaar, en twee kinders van sewe en 11 jaar, is op die toneel dood verklaar.

Twee mans en twee kleuters het ligte beserings opgedoen, sê Annine. Hulle is na ’n nabygeleë hospitaal vir verdere mediese sorg geneem.

Plaaslike owerhede ondersoek die saak.

Bron: News24