terwyl 55 beseer is volgens statistiek vanoggend deur ER24 vrygestel.

"Hierdie getalle is slegs van toepassing op insidente waar ER24 hulp verleen het" het hul woordvoerder, Chitra Bodasing gesê.

"In die algemeen was noodoproepe na ER24 vanjaar laer as in 2014."

Die nooddiens het hulp verleen by meer as 400 botsings die afgelope naweek.  Terwyl die noodoproepe wel minder was, was die impak van die botsings steeds ingrypend.

"In geval van beserings het dit van gering tot ernstig gewissel. Verskeie vorme van vervoer - van taxis tot vragmotors en motorfietse was betrokke," het sy gesê.

Van die ongelukke waar ER24 hulp verleen het:

'n Botsing waarin 5 sterf toe 'n vragmotor en motor op N5 by Bethlehem gebots het

'n Botsing tussen 'n bakkie en 'n motor waartydens 1 man sterf, 7 beseer - R34, Utrecht (KZN)

Drie sterf, 2 beseer in ongeluk op Villierspad in die Vaal

Drie sterf, 10 beseer in taxi-ongeluk op Dinklemanpad in New Germany (KZN)

Tien sterf, 12 beseer toe bakkie en taxi bots op N1, Limpopo Twee vroue sterf, 2 kritiek na botsing tussen bakkie en motor op R29, Leandra (Mpumalanga) Twee sterf, ses beseer toe twee voertuie bots op R40 buite Hazyview (Mpumalanga)

 

Volgens ER24 was Durban vir hulle die bedrywigste, gevolg deur Johannesburg Noord. Derde besigste was Johannesburg Wes gevolg deur Kaapstad Oos.

Motoriste word vermaan om geduld te beoefen, nie te drink en te bestuur nie en seker te maak dat hulle ten volle uitgerus is voor die langpad aangepak word.

Terwyl elkeen van hierdie belangrike boodskappe op alle moontlike platforms herhaal word, bepleit en gesmeek voor word, jaag spoedvrate onverpoos voort:

Craig Trikett (45) van Durban is Maandag twee keer in hegtenis geneem toe hy na bewering kort ná mekaar en binne enkele kilometers die spoedgrens met sy splinternuwe Porsche-sportmotor oorskry het.

Hy het na bewering teen 202?km/h in ’n 120?km/h-sone gejaag. Hy is op borgtog van R2000 vrygelaat. Net om sowat 10?km verder wéér deur verkeersbeamptes aangekeer, omdat hy glo 149 ?km/h gery het. Hy is toe met R700 beboet en moet op 20 April in die hof verskyn.

Dr Zolile Duba, 'n tandarts van Woodland Hills, Bloemfontein, het tot dusver die vinnigste gejaag toe hy na bewering teen 225?km/h op die N1 in sy nuwe BMW?M5 'slegs getoets' het. Hy is op borgtog van R2000 vrygelaat en moet op 13 Mei in die hof wees.

Willem Botha, ’n sakeman van Port Elizabeth, is Donderdag in Winburg aangekeer nadat hy ook in ’n Porsche teen na bewering 201?km/h in ’n 100?km/h-sone gejaag het. Hy is op borgtog van R1500 vrygelaat.

Keke Phoofolo, 'n gospel-sanger van Soweto, Johannesburg, is Sondag omstreeks 17:10 op die N1-hoofweg in hegtenis geneem toe hy na bewering teen 193?km/h in ’n 100?km/h-sone in sy swart Cadillac gery het. Hy is op borgtog van R2000 laat gaan. Hy verskyn op 15 Mei in die hof.

Nog ’n motoris, Salman Soomar (45), is Donderdag omstreeks 22:30 ook aangekeer omdat hy na bewering teen 189?km/h in ’n 100?km/h-sone in ’n Mercedes-Benz gery het. Hy was van Bloemfontein na Johannesburg onderweg toe hy in hegtenis geneem is. Hy is op borgtog van R2000 vrygelaat en moet op 28 April in die hof verskyn.

Bronne: News24, Netwerk24