Tot die dood ons skei . . .

Betty Burkett het kanker van die galblaas en haar man, Dennis, het longkanker gehad. Hul siekte is net ses weke uitmekaar gediagnoseer – en hulle is minder as drie dae uitmekaar oorlede.

Die egpaar is 72 uur ná mekaar dood. Dennis (84) het eerste gesterf. Betty (83) en hy het albei die afgelope 10 maande ’n stryd teen kanker gevoer, het die Birmingham Mail berig.

“Hulle het tot die einde na mekaar omgesien,” het hul dogter, Gail Kelly, gesê. “My ma het gestryk en huiswerk gedoen tot ’n paar dae voor sy vir die laaste keer hospitaal toe is. Ek dink my pa het teen die einde tekens van Alzheimersiekte ervaar, maar my ma het steeds sy roosterbrood vir hom gemaak en na hom omgesien.”

Die Burketts, wat in 1955 getroud is, word oorleef deur Gail (59), hul seun Wayne (54), twee kleinkinders en agt agterkleinkinders.

Bronne: Birmingham Mail, MailOnline