&nbsp

’n Paartjie het Maandag in die landdroshof in Tzaneen verskyn nadat hulle na bewering ’n 2 maande oue babaseun by ’n inkopiesentrum in Tzaneen in ’n geparkeerde voertuig gelos het, het Limpopo-polisie gesê.

Die 28-jarige man en 27-jarige vrou is met ’n waarskuwing vrygelaat en moet op 19 Augustus weer in die hof verskyn, het kol. Moatshe Ngoepe gesê.

Die seun is na bewering Saterdag in die motor gelos terwyl die twee gaan inkopies doen het. Die motor se vensters was toe.

“Veiligheidswagte het die baba hoor huil en het die polisie in kennis gestel, het kol. Ngoepe gesê.

Die paartjie is in die inkopiesentrum opgespoor en in hegtenis geneem, en die seun is uit die motor gered en na ’n hospitaal geneem.

“Hy was ongedeerd en in sy ouers se sorg gelaat,” het kol. Ngoepe gesê.

- Sapa