Kris en Kat Camillis het elk vriende en familie laat poseer asof hulle ’n foto wou neem. Pleks daarvan het hulle ’n video geneem vir hul reaksies. Pleks van “glimlag” het hulle gesê: “Kat is swanger!”

Baie was taamlik verward, terwyl ander die woorde klakkeloos herhaal het.

Maar ná ’n paar sekondes sink die nuus in, en wat hulle dan doen, sal beslis emosie uitlok.