'n Amerikaanse vrou en haar kêrel is in hegtenis geneem nadat hulle hul agtjarige aangenome dogter in 'n hok toegesluit het toe hulle gaan fliek het, het die polisie Dinsdag gesê.

Nuus24 berig Cindy Patriarchias en Edmond Gonzales (37) is albei aangekla van kinderverwaarlosing nadat die meisie, wat 'n ontwikkelingstoestand het, in 'n tuisgemaakte hok in hul huis in Las Cruces, Nieu-Mexiko, gevind is.

Die hok is 74 cm breed, 152 cm lank, en 126 cm hoog en het twee sluitpenne aan die deur gehad. 'n Babamatras is ook in die hok gevind, het die polisie in Las Cruces in 'n verklaring gesê.

Klik hier om meer te lees. 

(Foto: Bang Showbizz)