Nie eens die dood kon hulle skei nie.

Na ’n huwelik van 58 jaar en drie dogters, het George en Ora Lee Rodriquez gesterf soos hulle gelewe het: langs mekaar, hand in hand.

George en Ora het net ’n paar uur uitmekaar gesterf terwyl hulle ewe liefdevol hande vasgehou het deur die reling van hul hospitaalbeddens in hul huis in San Antonio, Texas.

Een van die paartjie se dogters, Corina Martinez, het aan CNN gesê dat sy nie kan glo so iets het gebeur nie.

“My ma het nog altyd gesê sy gaan my pa saam met haar vat of andersom – en dit het gebeur,” het hul ander dogter, Georgia Perez, gesê.

“Ons het nooit gedink dit sou so gebeur nie, maar dit het.”

Net ’n paar maande nadat George sy eerste beroerte gehad het, het hy en Ora hul 58ste huweliksherdenking op 1 Junie gevier. “My ouers se liefdesverhaal was soos iets uit ’n romantiese fliek, soos The Notebook,” het Corina gesê.

Die paartjie het mekaar in San Antonio ontmoet, waar hulle liefde vlam gevat het. “Hy het as ’n slagter by ’n vleismark gewerk toe hulle mekaar ontmoet,” het Corina gesê.

Nadat George eers as ’n vlootsoldaat gewerk het, het hy en Ora getrou en na die stad getrek waar hulle saam drie dogters grootgemaak het.

George en Ora het albei demensie ontwikkel, maar selfs deur dit het hulle liefde steeds sterk gestaan.

Die paartjie was omring deur hulle kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

Bronne: CNN, Metro News, Fox6now.com