[caption id="attachment_153545" align="aligncenter" width="600"]Foto: YouTube Foto: YouTube[/caption]

Die Tillotson-egpaar van Utah in Amerika beplan 'n opwindende jaar lange reis na onder meer Ysland, die Skandinawiese lande, Europese bestemmings soos Frankryk, Pole, Spanje en Turkye, sowel as die Ooste en Nieu-Seeland en Hawaii. Hulle soek 'n reismaat en enigiemand kan aansoek doen.

Hulle sal die uitverkore metgesel se reiskoste, kos en verblyf dek en hom of haar selfs ’n maandelikse salaris van sowat R16 500 tot R20 600 ($1,200-$1,500) betaal, maar dan moet die persoon tydens die tog na hul drie spruite, Porter, Beckett en Wren, omsien.

"Ons is op soek na iemand wat ons kinders net so lief gaan hê soos wat ons vir hulle is," het Kenzie, hul ma, op die gesin se Facebook-blad verduidelik.

Die drie kinders is nog klein, met Porter wat ’n speelskool bywoon en Beckett wat voorskools is.

Die suksesvolle aansoeker kan dus nie net sommer enige avontuurlustige reisiger wees nie, maar moet darem ook die kinders kan help met tuisonderrig en iets weet van kinders oppas, sê die egpaar.

Aansoeke het op 8 Januarie gesluit en die egpaar is glo oorweldig deur die reaksie op hul advertensie. Hulle het derduisende e-posse ontvang en het nou die moeilike taak om iemand te vind wat saam met hulle die avontuur gaan aanpak.

Kyk hier na hul advertensie vir die pos: