Ná twee kinders en meer as twee dekades saam, het Michelle Mahoney en Jeff Becerra besluit om hul huwelik te beëindig. En die ouers het hul vriendskaplike egskeiding ’n stappie verder gevat deur ’n egskeidingspartytjie te hou. “My ouers se egskeiding is vandag gefinaliseer en hulle het ’n egskeidingspartytjie gehou,” het Emma Becerra ’n paar dae gelede getwiet.

Die ongewone viering is gevier kompleet met sjampanje en ’n dansery.

“Ek was vir 24 jaar saam met my eks en ons weet hoe om ’n lekker partytjie te hou,” het Michelle aan BuzzFeed News gesê.

“Ons wou dit waaraan ons saam gebou het op ’n regverdige wyse verdeel en aanhou om die gesin eerste te stel. Ons voel ons het dit reggekry en dit was ’n rede om dit te vier,” sê Michelle, wat twee dogters, Rylie (20) en Emma (18), by haar eksman het. Lees ook: Hierdie sewe paartjies het almal die liefde nog ’n kans gegee Emma se twiet het sedertdien soos ’n veldbrand versprei – dis meer as 53 000 keer hertwiet en meer as 167 000 mense het daarvan gehou. “Nou voel ek ek wil trou net om te skei. Julle inspireer mense ??????" het @TheLizzieAllan laat hoor.

Maar wat veronderstel was om ’n ligte geskerts te wees, het ’n ongewone draai gevat toe Emma só op @TheLizzieAllan se opmerking geantwoord het: “Sou dit nie sonder jou kon doen nie! Verstaan jy? Want jy’s die rede hoekom hulle opgebreek het.”
via GIPHY
“Gaan enigeen hierdie vraag beantwoord?” het @mmcclain16 namens almal gevra.

Ons is nou self verward.