Hulle was net vyf weke oud toe ’n paartjie, wat dadelik opgemerk het daar skort iets met hul oë, hulle langs ’n pad vind in die Blue Mountains van Nieu-Suid-Wallis, Australië.

[caption id="attachment_137945" align="alignnone" width="600"]Felix en Dora. Foto: WENN Felix en Dora. Foto: WENN[/caption]

Die paartjie het besef die katjies het nie ooglede nie en hul plaaslike dierebeskermingsvereniging (DBV) genader, wat bevestig het die twee ly aan ’n seldsame oogsiekte wat hulle sonder korrektiewe chirurgie binne ’n jaar blind sou maak.

Ses maande later het Dora en Felix ooglede gekry ná ’n agt uur lange operasie by die Eye Clinic for Animals in Sydney. Dr. Cameron Whittaker, die veearts wat met die katjies gewerk het, het nuwe ooglede geskep deur weefsel van hul lippe te neem.

[caption id="attachment_137946" align="alignnone" width="600"]Die veaarts het weefsel van die katjies se lippe gebruik om ooglede van die maak. Foto: WENN Die veaarts het weefsel van die katjies se lippe gebruik om ooglede van die maak. Foto: WENN[/caption]

Ten spyte van hul moeilike begin is dié tweetjies gelukkige, lieftallige nege maande oue katjies. Patrick Jones van die DBV, wat ’n blog, Portraits of an Animal Shelter, skryf, sê elke kat het sy eie liefdevolle persoonlikheid.

“Dora is ’n dapper katjie, en met haar nuwe ooglede kan sy die glimlagte beter sien wat sy plaas op die gesig van almal wat sy ontmoet. Felix is vol streke en wil net vertroetel word . . . Felix het ’n spin soos dié van ’n leeu en betoon graag sy liefde.”

Daar word nou gehoop iemand in die gebied sal die oulike katjies ’n liefdevolle, welverdiende tuiste bied.

[caption id="attachment_137944" align="alignnone" width="600"]Wil jy 'n katjie aanneem? Foto: WENN Wil jy 'n katjie aanneem? Foto: WENN[/caption]