[caption id="attachment_87477" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie (GreatStock.co.za) Foto ter illustrasie (GreatStock.co.za)[/caption]

Jason en Victoria Clark, van Oos-Sussex, Engeland, sal seker nooit weer hul broodrooster wil gebruik nie – ’n babarot het saam met hul brood daarin gelê en rooster.

Jason (33) het gesê hy het iets vermoed toe hy ’n snaakse reuk in hul kombuis gewaar. Toe hy ondersoek instel, spring die halfgaar knaagdier uit. “Dit was walglik,” het hy gesê.

'Ek het gedink die reuk was vreemd'

“Ek het gedink die reuk was vreemd, want my brood kon nie so gou brand nie; toe gaan kyk ek.

“Ek het die brood weer uitgelig en kon dit nie glo nie toe ’n rot uitspring en weghardloop.

“Dit was doodstil toe ek die brood in die rooster laat sak; dit is nie groot nie,

“Ek het die rooster onmiddellik weggegooi. Ek sal wel weer roosterbrood eet – maar ek sal eers binne-in die rooster kyk voor ek dit gebruik.”

Bronne: Themirror.co.uk, Daily Mail