Toe Jenna en Dan Haley van Philadelphia in Amerika hoor Jenna is swanger, was hulle nes enige paartjie verheug. Maar hul opwinding is vinnig gedemper toe die hartseer nuus kom dat hulle ongebore seuntjie, Shane, nie lank met hulle sal wees nie.

Die ongebore Shane is met anensefalie gediagnoseer, en gaan na verwagting kort na geboorte sterf. Die siekte veroorsaak dat babas gebore word met gedeeltes van hul brein en skedel wat ontbreek.

Daarom het Jenna en Dane besluit om die kort tydjie wat hulle met hul ongebore seun het te benut, en ’n hartroerende emmerlys saamgestel van ervarings wat hulle met hom wil deel.

Hulle het foto’s daarvan op hul Facebook-blad gedeel.

Bron: BuzzFeed; Facebook

[caption id="attachment_4170" align="aligncenter" width="237"]akwarium By die akwarium.[/caption]

[caption id="attachment_4171" align="aligncenter" width="230"]bofbal Shane se eerste bofbalwedstryd.[/caption]

[caption id="attachment_4172" align="aligncenter" width="225"]Museum Shane besoek 'n museum in sy ouers se tuisstad.[/caption]

[caption id="attachment_4173" align="aligncenter" width="300"]Pampoene Shane by 'n plaasmark.[/caption]

[caption id="attachment_4174" align="aligncenter" width="238"]see Shane se ouers neem hom see toe.[/caption]

[caption id="attachment_4175" align="aligncenter" width="300"]times square Shane ervaar Times Square in New York.[/caption]

[caption id="attachment_4176" align="aligncenter" width="231"]zoo Shane besoek die dieretuin.[/caption]