Die twee is vermoedelik ook verantwoordelik vir die dood van nog ’n vrou wie se ledemate hulle afgekap het.

Die verdagtes is ’n 46-jarige man en sy 47-jarige voormalige vrou. Hulle het na bewering op 21 April ’n ambulans ontbied omdat hul motor stukkend was. Die ambulanspersoneel het ’n vrou by hulle in die motor gevind. Sy het kopbeserings gehad en tekens van mishandeling getoon. Dit was egter te laat om die lewe van die 41-jarige vrou van die Duitse staat Neder-Sakse te red. Sy het kort nadat die ambulanspersoneel haar gevind het, in die hospitaal as gevolg van haar beserings beswyk. Op 29 April was daar nog net kennis van een vrou wat gesterf het.
In hierdie stadium kom dit voor asof die slagoffer op ’n persoonlike aanlyn advertensie gereageer het wat deur die paartjie geplaas is. Die verdagtes het haar byna twee maande lank in hul huis in Höxter gevange gehou waar sy op die koue vloer sonder enige verhitting moes slaap.
Intussen het hulle haar selfoon gebruik om teksboodskappe aan haar ma te stuur. Die polisie het haar van haar dogter se dood in kennis gestel. Die 47-jarige verdagte het glo aan die polisie gebieg dat sy betrokke was by die moord op ’n 33-jarige vrou iewers in 2014. Nadat hulle haar vermoor het, het hulle die liggaam opgesny en in die vrieskas gebêre. Hulle het geleidelik dele van die lyk afgesny en in hul kaggel verbrand. Haar as is daarna na bewering in die straat gestrooi. Die vorige slagoffer is gevries en toe stuk-vir-stuk verbrand.
Die verdagte het na wat berig word aan die polisie genoem dat sy self “massiewe mishandeling” deur haar gewese man ervaar het. Nadat ’n vrou hierdie huis op televisie gesien het, het sy ook die polisie gekontak oor moontlike mishandeling.

Daar word vermoed dat meer vroue onder die twee se mishandeling deurgeloop het. Die owerheid het glo reeds ’n onderhoud met ’n vrou gevoer wat die huis herken het. Sy beweer sy is ook deur hulle beseer.

Bronne: ctvnews.ca, rtlniews.nl, abcnews.go.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Gespanne en hartseer’ honde weier om sterwende baba se hospitaalbed te verlaat

Man ry 1400 km ver om 15 bakke KFC vir sy vrou op hul vyftiende huweliksherdening te koop!

Dit gons vandag landwyd in die howe met drie hoëprofielsake

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Kyk: Dis hoekom jy Wagter liefs nie ’n drukkie moet gee nie!