Die twee onbedagsame inwoners van Ohio in Amerika, Nataleigh Schlette en Micah Risner, het die moordtoneel waarin Nataleigh kaal in ’n bad lê met tamatiesous as bloed nageboots.

Micah stuur toe foto's van die "moordtoneel" aan hul familie en vriende met ’n boodskap dat hy nie bedoel het om haar dood te maak nie.

[caption id="attachment_173011" align="aligncenter" width="600"]PHOTO: Sandusky Police Department Foto: Sandusky polisiedepartement[/caption]

“Help my, asseblief! Ek het dit regtig nie bedoel nie. Ek kan nie onthou nie. Ons het gestry en toe ek wakker word sien ek dit,” het die teksboodskap gelui wat hy aan sy suster gestuur het.

Sy suster het, met afgryse vervul, gereageer en gesê hy moet van enige bewyse ontslae raak. Sy het ook gevra dat hy die boodskappe tussen hulle uitwis.

Die paartjie se poets het paniek onder hul familielede gesaai en Micah se ma het selfs die polisie ontbied.

[caption id="attachment_173010" align="aligncenter" width="600"]PHOTO: Sandusky Police Department Foto: Sandusky polisiedepartement/caption]

Dis onnodig om te sê die polisie het glad nie gedink dit is snaaks nie toe hulle op die "moordtoneel" aankom. Nataleigh en Micah is intussen aangekla van panieksaaiery. Hulle het albei skuldig gepleit.

“Dit het baie natuurlik gelyk. Dit het gelyk asof iemand vermoor is of asof iemand hul eie lewe geneem het,” het John Orzech, polisiehoof, gesê.

Wat was nou eintlik hul doel hiermee? Was alles net vir die grap?

Dit was skynbaar deel van Micah se poging om sy suster te oorreed om na sy huis te kom omdat sy hom glo geld skuld.

Maar alle grappies op ’n stokkie, pel, as jy graag jou geld wou hê, hoekom vra jy haar nie maar net volgende keer nie?

“Ek het eenvoudig gedink dit sou cool en snaaks wees," het Nataleigh, die ‘slagoffer’, gesê.

Bronne: MailOnline, Metro, Sandusky Register