"Ons het hul lywe vermoor,” sê Daan Schoeman.

Hy praat van sy twee seuns, van Kevin (22), wie se gewig drie jaar gelede by 145 kg gaan draai het, en van Shane, wat op 16 die skaal op 103 kg trek.

Vandag verwyt hul pa hom oor sy kinders se slegte eetgewoontes.

Gesinsvakansies is vir hom ’n hartseer herinnering. “By die vakansieoord waar ons al jare vakansie hou, het die kinders nooit geswem nie,” onthou Daan (54).

“Hulle het met hul hemde aan langs die swembad gesit. Ek het my kinders se jong lewe vernietig, heeltemal vernietig.”

Die hele gesin was oorgewig.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.