DIE lapelwapen teen sy bors stippel die riglyne van sy lewe uit. Die woorde is in goud rondom die weegskaal gedruk: “Vertroue. Uitnemendheid. Eer. Integriteit.”

Dis die kompas waarvolgens Leon Nel (44) sy lewe rig. Maar die laaste twee jaar al balanseer hierdie weegskaal nie meer nie. En ’n maand gelede het Leon hom toe tot die Oos-Londense Hooggeregshof gewend om op drastiese wyse in sy getroude en mondige dogter se lewe in te gryp.

Deur Leon se toedoen het die hof nou bepaal dat Chantel Clur (21) die volgende agt maande in ’n sentrum vir dwelmslawe sal deurbring – en in ’n uiters seldsame uitspraak, ook dat haar man, Greg, in dié tyd geen kontak met haar mag hê nie.

Dié pa van Kempton Park se verhaal lees soos ’n riller van verraad, van ’n man wat alle normale grense oorskry het om sy dogter te probeer red. Daar was geheime ontmoetings, gesprekke wat op band opgeneem is, ondersoekwerk na die man wat hy glo Chantel se lewe geruïneer het, ’n ontvoering – en uiteindelik het sy dogter erken dat sy ’n heroïenverslaafde is.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 28 April 2011