“Geagte dr. P,

U het ’n aborsie aanbeveel. U was ons ginekoloog, en vroeg in my vrou se swangerskap het u ons meegedeel ons seun ly aan Downsindroom. U het voorspel hy sal ’n ellendige lewe en swak lewensgehalte hê en ons ten sterkste aangeraai om die swangerskap beëindig,” begin Michael Palmisano se brief.

Daarna gee ’n lys van die vele prestasies en vreugdevolle oomblikke wat hy en sy vrou, Lynne, gedeel het met Silas, hul gestremde seun, maar hy gee toe dit was nie altyd maklik nie.

By die brief is ’n foto van Silas nadat hy sy hoërskoolloopbaan voltooi het.

Hier is die volledige brief:

Hoewel Michael en Lynne nie getwyfel het oor of hulle hul seun moes behou nie, waarsku kenners dis ’n baie taai besluit.

Aan die mediese kant behoort jou dokter jou te verwys na kundiges wat in detail kan verduidelik met watter uitdagings jou kind sal moet saamleef en wat die uitwerking hiervan gaan wees.

Lees ook: ’n Ma vertel: My kind het Downsindroom

Hulle kan aanbevelings doen, maar die finale besluit berus by jou.

Dis beslis nie ’n maklike besluit nie, sê dr. Anthony Costandius, ’n sielkundige van Kaapstad wat daarin spesialiseer om ouers van gestremde kinders by te staan. ’n Mens moet in ag neem hoe veeleisend die kind se versorging gaan wees en jy moet aanvaar terugkerende hartseer en hoër spanningsvlakke gaan die res van jou lewe kenmerk, sê hy.

“Jy sal heeltyd daaraan herinner word dat jou kind nie soos ander kinders kan ontwikkel nie en dat jou ideale vir hom of haar moontlik nie verwesenlik sal word nie. Al die ekstra versorging en finansiële eise gaan ook bydra tot die stres.”

Lees ook: ’n Ma vertel: Ek is spyt ek het my baba gehou

Dit beteken nie jy kan nie hierdie struikelblokke oorkom nie, sê Anthony.

Die belangrikste faktor is dat die ouers ’n sterk band het, anders gaan die verhouding knak onder die druk, voeg hy by. Jy moet ook oorweeg watter uitwerking ’n gestremde broer of suster op jou ander kinders gaan hê.

’n Gestremde kind kan ’n hoë lewensgehalte hê, solank jy die aanpassing kan verwerk, seker maak jy het praktiese en emosionele ondersteuningstelsels en dat jy die uitdagings een vir een aanpak soos hulle opduik.