Volgens die Weslander, die plaaslike streekskoerant, het ’n rusie tussen die man en sy vriendin rondom 06:00 Vrydagoggend in Vredenburg ontstaan.

In reaksie daarop het hy na bewering die paartjie se tweejarige seun met ’n mes teen die keel aangehou. Hy het het hom en die seuntjie daarna in ’n Wendyhuis in Nackerdienstraat toegesluit.

Pogings van die plaaslike polisie se kant om die kind se vrylating te bewerkstellig was onsuksesvol. ’n Taakspan van Kaapstad het teen ongeveer 12:00 op die toneel opgedaag. Skote en ’n rookbom is glo afgevuur.

Foto: Weslander (Facebook)

Die man is op die toneel dood verklaar en die seuntjie is met beserings in die Rooikruis-kinderhospitaal naby Kaapstad opgeneem.

Bron: Weslander