’n Voormalige lid van die Amerikaanse Navy Seals het ’n lys reëls saamgestel vir dié wat met sy dogter wil uitgaan, maar dit is so streng, ons weet nie wie sou sy prinses durf seermaak nie! Al is sy net ’n kleuter, is hy duidelik vasbeslote om potensiële vryers te laat weet wat vir hulle voorlê.

Marcus Lautrell het die lys op sy Facebook-blad gesit en dit is meer as 4 000 keer gedeel.

In die lys noem hy ’n reeks uitdagings wat die potensiële kêrel sal moet aflê, insluitend dat hy die toestemming moet vra van elke bokser, polisiebeampte en bewaarder wat Marcus ken.

Hy vereis ook dat sy huis geverf word, heinings herstel word en sy grasperk gesny word. Verder verwag hy ook die kandidaat moet ’n “tornado met ’n tou vang, ’n orkaan in ’n bottel vasvang en ’n veldbrand met ’n waterpistool blus”.

Hy het ook gesê hy sou die selfoon vashou wanneer sy dogter met haar kêrel gesels, en het gesê hy sien daarna uit wanneer hy oor 16 jaar die eerste kandidaat teëkom.

Bronne: Daily Mail, Facebook