Vir die ouer kinders was dit baie pret; onderwysers het die kinders laat flieks kyk en selfs pizza eet. Maar sommige van die kleiner kinders het swaargekry sonder hul ouers. Een van dié pa’s, Mark Nilson, wou seker maak sy vyfjarige dogtertjie, Elizabeth, is nie alleen nie en het byna 10 km geloop om by haar te wees. Mark het Dinsdagaand seweuur al begin stap en net na tien by die skool aangekom.

“Ek dink sy was gelukkig toe ons eers tot rus gekom het vir die nag,” het Mark gesê. “Dit is waarskynlik die laatste wat sy al wakker gebly het!”

Hy het die “ongelooflike” onderwysers wat by die kinders gebly het, geloof vir hul moeite.

Bronne: ajc.com, wsbtv.com, today.com