‘n YouTube-video van ‘n pa wat vir sy dogter ‘n poniestert maak met die hulp van ‘n stofsuier, het binne enkele dae ‘n internetsensasie geword.

Die video, wat slegs agt sekondes lank is, wys hoe die pa ‘n stofsuier inspan om die perfekte poniestert vir sy dogter te maak.

In die video suig die pa sy dogter se langhare met ‘n stofsuier voordat hy blitsig ‘n haarrekkie aanglip om die perfekte poniestert te skep.

Die oorspronklike video het sedert verlede week meer as 2 miljoen-trefslae gehad.

-Bang Showbizz