’n Besoeker aan die jaarlikse HuntEx-kleinkaliber-ekspo het Maandagmiddag per abuis sy agt¬jarige seun in die skouer geskiet berig Beeld.

Dit het gebeur kort voordat die ekspo, by die Gallagher Estate in Midrand, geëindig het.

Adriaan Woudstra, organiseerder en besturende direkteur van HuntEx, het aan Beeld gesê dit het in ’n badkamer op die ekspo gebeur.

Die man en sy twee seuns was besoekers daar.

“Die man het sy seuns badkamer toe geneem. Hulle was saam agter ’n afskorting in die badkamer. Die vuurwapen het afgegaan en die seuntjie is in die skouer gewond."

Volgens Beeld is die kind is na ’n hospitaal in Midrand geneem.

LEES MEER HIER

Bron: a href="http://www.beeld.com" target="_blank">Beeld.com