Die man het op Facebook ’n video gedeel met die onderskrif: “1 000 ‘likes’ of ek laat val hom." Die “hom” na wie hy verwys, is sy seun! In die video hou hy sy kind met een hand aan sy blou T-hempie by sy woonstelvenster uit, 15 verdiepings bo grondvlak!

Die pa wou glo kyk hoeveel "likes" hy op Facebook kon kry.

Ontstelde Facebook-gebruikers het dringende stappe geëis op grond van kindermishandeling.

Hy is Sondag in Algiers in hegtenis geneem. ’n Hof in die hoofstad het hom Maandag vir twee jaar tronk toe gestuur.

Michael Jackson

In 2002 het die koning van pop die wêreld geskok toe hy sy seun Blanket by ’n venster uithou. Blanket was toe net nege maande oud.

Eric Clapton

Die kitaarmeester se seun, Conor, was vier en ’n half jaar oud toe hy op 20 Maart 1991 by ’n oop venster op die 53ste verdieping van ’n New Yorkse woonstelblok uitval. 

Eric het hierdie liedjie vir Conor gekomponeer:

Bronne: bbc.com, alarabyia.net, ultimateclassicrock.com