divorcedmain

’n Pa van twee breek omtrent die internet met ’n Facebook-plasing oor sy eksvrou – en dit is glad nie wat jy sou verwag nie.

Billy Flynn van Boston, Massachusetts, het op sy eksvrou se verjaardag vroeg opgestaan en blomme, kaartjies en ’n geskenk gekoop sodat hul kinders dit vir haar kon gee. Hy het hulle selfs gehelp om vir haar ontbyt te maak.

Hoekom? Hy sê dit is belangrik om vir sy kinders ’n goeie voorbeeld te stel.

“Ek maak twee jong mans groot. Die voorbeeld wat ek stel deur hoe ek hul ma behandel, gaan ’n beduidende invloed hê op hulle vroue sien en behandel en ook hul beskouing van verhoudings beïnvloed.”

Billy, ’n prokureur en model, sê dis nou, nadat sy huwelik verbrokkel het, belangriker as ooit tevore.

“Ek dink dis nou selfs meer van toepassing, want ons is geskei. Kry jou sake agtermekaar as jy nie vir jou kinders goeie verhoudingsgedrag wys nie. Styg bo dit uit en wees ’n voorbeeld. Dit gaan oor meer as net jy.”

Nadat Billy op Facebook geskryf het hy doen dié soort ding gereeld, het hy gesê hy is altyd verbaas oor die reaksie wat dit ontlok.

“Gewoonlik vra iemand my hoekom ek steeds heeltyd goed vir haar doen,” skryf hy. “Dit irriteer my; daarom gaan ek dit vir julle almal uitstippel.

“Maak goeie mans groot. Maak sterk vroue groot. Asseblief. Die wêreld het hulle nou nodiger as ooit.”

Sy plasing het vinnig versprei. Party mense het gereken hy deel iets moois, terwyl ander hul ervaring van ouerskap ná ’n egskeiding gedeel het.

Bronne: Someecards, KSL.com, Elite Daily