“Jy weet, wanneer jou vrou altyd sê: ‘Ek wens ek kon die pa gewees het,’ en jy meen: Wat is nou eintlik die verskil?” begin Brad Kearns se Facebook-plasing wat soos ’n veldbrand versprei het.

“Wel, sit agteroor, ontspan, kry iets te drinke, springmielies, vergeet van jou program en klou aan jou skoenveters, want ek gaan jou op ’n rit neem wat net vergelyk kan word met ’n tuimeltrein wat teen 160 000 km/h agteruitbeweeg en jou deur watervalle van braaksel, s***** en emmersvol trane neem. En wanneer jy joune klaar opgeruim het, moet jy die kinders s’n skoonmaak.

Dit het alles begin toe die 27-jarige pa ’n selfoonboodskap van sy vrou, Sarah, kry wat hom inlig haar lewer het ingegee. Nadat sy in die hospitaal opgeneem is, moes Brad na die kinders omsien.

“En dis toe net daar dat ek die ma word.”

Rol vinnig vorentoe tot 24 uur later en ’n “toneelwisselingsronde uit Law & Order sou ongeveer nou van toepassing wees”. Teen hierdie tyd is die huis “verwoes” en “voorrade verminder tot klein teddiebeertjies, sousekstrak, teesakkies en ’n duidelike tekort aan vleis wat ontdooi is.” “Soos die nag vorder en my geduld ál minder raak, verlaag ek myself tot die vlak waar ek Knox stilhou deur hom toe te laat om plakkers op my (erg harige) bene te plak. Hy was wel stil . . . ‘Dis oukei, ek kan hulle môre afskeer’ was die idee. ‘Moet net nie vir Finn wakkermaak nie.’”

En net toe jy dink dit kan denkbaar nie erger word nie, klop iemand aan die deur.

“Was jy al ooit in jou lewe in ’n situasie waar iemand by die deur instap terwyl jy besig is met iets wat jy nie moes gedoen het nie? Dit was die gewaarwording wat ek gekry het toe ek die deur vir my skoonma oopmaak.”

via GIPHY

“So, daar was ek, ongeskeer, my hare deurmekaar, met die vorige dag se broek en sokkies nog aan my lyf en ’n baadjie met kappie wat die feit dat ek nie ’n hemp aanhet nie, bedek.

“Het nog nie geskeer nie, my tande is nog nie geborsel nie, en Knox kom in sy slaapsak aangehardloop en vra ek moet ’n nuwe Jogurt-mueslistafie oopmaak,” het hy onthul en bygevoeg: “Knox se noedels was nog in ’n bakkie op die tafel, plakkers in die dekselse sitkamer geplak, die huis ’n absolute gemors . . .” En dis net daar dat die pa van twee geweet het hy is “verslaan”. “Op daardie oomblik het ek geweet, sy weet ek is verslaan, ’n swakheid wat ons nie graag aan ons skoonmense wil openbaar nie. Ek was net 16 uur lank ’n ma. En ek het misluk.”

#dadmumlife do you let your kids help you?

A photo posted by DaDMuM (@dadmumlife) on

Brad se skreeusnaakse plasing is al meer as 17 400 keer gedeel en baie van die gebruikers het hom lof toegeswaai vir sy eerlikheid.

“Welgedaan, kêrel, geluk dat jy die moed gehad het om die rol oor te neem, (die meeste van die manne sou die skoonmense ontbied het) … doen so voort,” was Caroline Cameron se kommentaar.

Nog een het bygevoeg: “Jy het nie misluk nie. Die kinders was gevoed en het nog geleef … dit is so absoluut ’n wenpoging in my boeie. (Van ’n ouer wat voltyds alleen sorg vir drie kinders van verskillende ouderdomme en met verskillende vaardighede.)

Ander stories op Huisgenoot.com

Hartbrekende nuus vir Taylor Swift

Kyk watter gewilde sanger se eerste pienkvoet is onlangs gebore!

Prinses Charlene word weer tannie – kyk dié skattige foto’s!

Kyk die vreesaanjaende oomblik toe wilde olifant Arnold Schwarzenegger op safari in SA ‘bestorm’

#SpeelSaam: Kyk of jy 10 verskille tussen die twee foto’s kan raaksien