‘‘DAAR was baie duiwels in ons huis, maar Ma het nie ge-worry nie. Hy het in die aand gekom en sus het altyd gesê dat ek nie moet huil nie.’’

So staan dit geskryf, in swart ink op ’n wit A4-folio. Die handskrif is sterk en netjies. Die woorde vernietigend.

Een van die duiwels was drank. Die ander was haar pa, met sy hande wat hy nie van sy vier- en vyfjarige dogtertjies kon afhou nie.

Sy skryf: ‘‘Sy swaar hande op my lyf was seer en ek het nog die brandmerke op my hart.’’ En later: ‘‘Soms het dit in die dag in my ouers se kamer gebeur terwyl my ma ’n sigaret op die stoep gerook het . . .’’

Antoinette Minnaar* slaan die groen lêer toe waarin sy haar lewensverhaal geskryf het. Op die buiteblad is die woorde in hoofletters uitgekrap: HEAL. Genees.

Sy was gereed om die verlede te begrawe en haar pa sy dade te vergewe. ‘‘Hy is my pa; ek het hom tog lief,’’ verduidelik sy. Die 28-jarige vrou wou ’n pad van vergifnis en versoening met hom stap. Maar toe, ses weke gelede . . .

Haar oë draai na haar vierjarige dogtertjie wat voor die TV speel.

Haar pa kon toe ook nie sy hande van sy eie kleinkind afhou nie. En twee maande gelede het hy toe ook die donkerkoppie met die wakker ogies gemolesteer.

*SKUILNAAM

Lees die volledige artikel in die 9 Desember 2010