Dis iets wat Derek Nash nooit verwag het om in sy vyfjarige seun se skoolsak te vind nie: ’n Rekening wat ’n “afwesigheidsfooi” vir ’n ander kind se verjaardagpartytjie eis.

Derek sê ’n ouer het die rekening gestuur waarin sy vra vir R280 omdat sy seun, Alex, nie ’n partytjie by ’n skisentrum in Plymouth in die suidweste van Engeland bygewoon het nie.

Hy het Maandag aan die BBC gesê hy het aanvanklik die uitnodiging aanvaar, maar toe later besef Alex moes daardie dag by sy grootouers gaan kuier. Hy het egter nie kontakbesonderhede gehad om die ander familie te laat weet nie.

Julie Lawrence, ma van die seun wat verjaar het, het aan BBC gesê haar kontakbesonderde was op die uitnodiging. Derek sê Julie het gedreig om hom na die kleineisehof te sleep, maar hy het tot dusver geen planne om op te dok nie.

SAPA