Dis die oulikste ding wat jy al ooit gesien het – ’n pa wat moeg was vir hare wat nie wil doen wat dit moet nie, los die probleem op soos net ’n man kan: Hy gebruik ’n stofsuier om alles bymekaar te kry, sit ’n haarrekkie om en siedaar!

Ons sou nie aanbeveel dat jy dit by die huis probeer nie, want jy weet nie hoe sterk jou stofsuier is nie, maar ons dink dis baie oulik!