‘Wat jy ook al aan my dogter doen, sal ek aan jou doen’

Dit was die dreigement wat ‘n pa aan ‘n jong man gemaak het. En hy het sy woord gehou.

Alles het begin toe Sharee Schock, 'n professionele fotograaf, foto’s geneem het van haar 15-jarige dogter en haar kêrel voor 'n dansparty by die hoërskool in West Salem.

"Al die gesinne was teenwoordig vir die fotosessie toe my man, Ben, begin om te poseer,” het Sharee gesê.

"Almal was histeries."

Sy het toe die foto, met die opskrif “Wat jy ook al aan my dogter doen, sal ek aan jou doen”, aanlyn gedeel.

Die foto het intussen virusafmetings aangeneem en is meer as 3 miljoen keer op Imgur besigtig.

"Ons het nooit verwag dit sal verder as ons plattelandse dorpie gaan nie.”

Bronne: foxla.com, metro.co.uk