disney
’n Jaar en ’n half gelede het Nephi Garcia, ’n 32-jarige pa van Florida, Amerika, besluit om `n Fairy Godmother-kostuum vir sy dogtertjie Lili te maak vir `n besoek aan Disney World. Dis net sowat 10 minute van hul huis af. “Almal was vol komlimente en wou weet of sy ’n Instagram-rekening het,” onthou Nephi.
By die huis het hy die foto’s van hul trippie afgelaai op Instagram onder die naam Designer Daddy en die volgende dag het hy reeds bestellings gehad vir soortgelyke uitrustings van ander gewilde strokieskarakters uit Disney-koninkryk.
Dit het sy verbeelding op loop gesit. Hulle het net verlede jaar die Disney-pretpark 128 keer besoek en elke vir elke uitstappie het hy ’n nuwe stel uitrustings vir Lili, nou ses, sy seuns Eddy, twee; Leo, one en sy vrou Bethanie (27).
Hy was jare lank ’n klere-onwerper wie se modes in vertonings soos vir Vogue verskyn het, maar toe hy pa word het hy dit opgegee om meer tyd saam met sy gesin deur te bring.
Lees ook: ‘Papierman’ omskep Britse stede in bekende Disney-tonele Hy het by `n grootmaat-klerewinkel begin werk nadat Lili gebore is, maar sedert verlede jaar het hy uit dié werk bedank, omdat sy Disney-tabberts so goed verkoop: van $500 (oor die R7 400) vir kinders tot $1 7 800 (oor die R26 700) vir grootmense. Op sy aanlyn-winkel (littlebrightdress.com) is al die voorraad uitverkoop en sal jy nou moet bestel en presies sê wat jy graag wil hê.
Hy het nou oor die 106 000 volgers op Instagram en is vir die volgende jaar lank volgeboek met bestellings. Dit neem hom immers tussen twaalf en veertig ure om een uitrusting te voltooi. En klein Lili inspireer hom steeds. Sy was mal oor haar “transformasie-rokke” soos Belle in Beauty and the Beast se blou-en-wit-rok wat omgedop verander in haar geel balrok.

“Nou wil sy allerhande ander dubbel-door kostuums hê,” lag Nephi.

Lees ook: Afspraakwebtuiste vir Disney-liefhebbers

’n Paddapak moet nou kan verander in Tiana se balrok uit die fliek The Princess and the Frog en ’n Nemo-kostuum moet Dory uit Finding Nemo.

En wat het hierdie sprokie hom geleer?

“Moenie bekommerd wees oor geld en wat mense van jou gaan dink nie. Ek is ’n bewys daarvan dat jy jou droom kan uitleef en elke sekonde daarvan geniet.”

Bronne: @designerdaddy_ op Instagram, telegraph.co.uk, dailymail.co.uk, huffingtonpost.com, littlebrightdress.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Hoe weet ek wanneer my kind ekstra leerhulp nodig het?

Die verbasende voordeel van vroeg inkruip

Leer ken jou kind se leerstyl en speel klaar met studiekopsere

Vermy die skaal as jou kind oorgewig is, waarsku kenners