[caption id="attachment_161880" align="alignnone" width="600"]Foto: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Bure het ’n skokkende foto geneem waarop die 10-jarige vasgemaak aan ’n houtkruis gesien kan word.

Toe die pa by sy seun se onderwysers hoor hy het nie sy huiswerk gedoen nie, het hy sy seun op ’n krat laat kniel en sy arms aan ’n houtraam vasgebind.

Die jong skoolkind is glo eers “ure later” uit die ongemaklike posisie bevry. Dis onduidelik of die pa gehoop het die vernedering sal sy seun noop om meer gereeld sy huiswerk te doen.

Die pa, wat glo ’n vrugtewinkel bestuur, is ook die josie in vir die buurman wat die steelfoto van sy gekruisigde kind op die krat geneem het.

Luidens berigte beplan hy regstappe teen die steelfotograaf omdat hy die foto’s sonder sy medewete versprei het.

Bronne: Metro, Daily Mail