Netwerk24 berig die broer en suster het vir haar verjaarsdag by hul pa, Arnold, in Koffiefontein gaan kuier.

Arnold het onrustig geword toe hy nie sy kinders op hul selfone in die hande kon kry nie. Hy het toe gery om hulle te gaan soek. Om ongeveer 20:00 die aand het hy op die ongelukstoneel 40 km buite Koffiefontein afgekom. Die nooddienste was reeds op die toneel.

Daar word berig dat die voorwiel van die motor waarin hulle gereis het, gebars het waarna Francois beheer oor die motor verloor het.

Francois het in die ongeluk omgekom en sy suster in die ambulans op pad hospitaal toe.

Francois was 'n kranige sportman en het in verskeie sportsoorte uitgeblink. Dié leerder aan Hoërskool Hentie Cilliers het Vrystaatse kleure in krieket verwerf en ook Cravenweek-rugby gespeel.

Amorè het haar matriek aan die Hoërskool Hennenman voltooi en was tans 'n tekenaar by 'n onderneming in Welkom.

Francois wou teologie gaan studeer het sodra hy sy matriek voltooi het.

Bron: Netwerk24

Lees ook: