’n Onbekende pa, vermoedelik van Amerika, het sy frustrasie op die aanlyn kletskamer Reddit te kenne gegee oor sy alewige stryd om sy jaar oue tweeling seuns uit te ken.

En ná ’n byna noodlottige voorval dink hy hy het met die ideale oplossing vorendag gekom: om een van sy twee seuns permanent te laat tatoeëer.

Hy motiveer sy besluit en skryf hoe hy en sy vrou al alles probeer het om die twee uit te ken, van kokipenne tot naellak. Maar tevergeefs.

Dinge word verder bemoeilik deur die feit dat die een seun, Aaron, aan ernstige gesondheidsprobleme ly en elke vier uur medikasie moet ontvang.

Lees ook: Internet op hol oor foto van ma en tweelingdogters

Hy vertel, “As hy nie sy medikasie kry nie, kan dit tot ernstige gevolge ly. [Die seuns] is heeltemal identities. Selfs ek en my vrou kan hulle nie onderskei nie. Ons teken elke dag op Adam se arm met ’n permanente pen.”

Hierdie logiese manier om Adam van sy sieklike boetie Aaron te onderskei, het egter tot ’n onverwagse voorval gelei.

“Die tweeling het by hul ouma gaan kuier en die teks het afgewas toe sy hulle bad. Toe gee ouma per ongeluk Aaron se medikasie vir Adam. Adam het baie siek geword en Aaron was ook vir ’n week in die hospitaal.”

Die pa skryf ook dat hulle al naellak, armbande en sekere kleur klere probeer het. Hulle het selfs een seun se hare afgeskeer.

Lees ook: Wêreld se ‘jongste’ Siamese tweeling in Switserland geskei

Raadop het die pa nou ’n meer permanente oplossing bedink: om ’n tattoeërmerk op Adam aan te bring.

“Ek wil dit nie sê nie, maar dis waar ons nou is. Ek soek iets permanent. Ek kon altwee my seuns verloor het.”

Al sy vorige benaderings het misluk en hy vra Reddit-gebruikers om ’n meer permanente oplossing voor te stel. Hy erken ’n tattoe is dalk bietjie drasties, maar hy is so raadop hy weet nie meer wat anders om te doen nie.

Sommige Reddit-gebruikers het geensins met die pa saamgestem nie terwyl ander voel sy bedoeling word geregverdig deur die erns van die situasie.

BRONNE: someecards.com, mirror.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com:

Die lelikste en mooiste: Oscar-rokke wat wenkbroue lig

Verbygaande verpleegster red man ná weerlig hom tref

10 skreeusnaakse reaksies op Leo se Oscar-glorie

Leonardo DiCaprio se Oscar-droom word uiteindelik waar