[caption id="attachment_120066" align="alignnone" width="600"]vgjvj Claudio Chiarelli (50) en sy seun, Massimiliano, wat in sy 20’s was, is Sondag vermoedelik deur veldwagters geskiet. Foto: Facebook/repubblica.it[/caption]

Claudio Chiarelli (50) en sy seun, Massimiliano, wat in sy 20’s was, het veldwagters in Mana Pools gehelp toe die einste veldwagters hulle per ongeluk doodgeskiet het, berig die Italiaanse dagblad La Repubblica.

Die koerant het in ’n aanlynberig geskryf die Italiaanse ambassade in Harare het die sterftes bevestig.

Besonderhede oor die tragiese voorval – wat glo Sondagaand plaasgevind het – is nog onduidelik. Die pa is oorspronklik van die Italiaanse stad Padua, maar woon glo al dekades lank in Afrika.

Il mattino di Padova, die plaaslike dagblad in Padua, het ’n foto van die twee voor ’n dooie leeu gepubliseer wat dalk bevestiging kan wees dat die twee professionele jagters was, soos daar in aanlynberigte aangevoer word. Maar volgens La Reppublica was die twee beroepsgidse.

Die koerant, wat in Italiaans gepubliseer word, het berig: “Volgens ons diplomatieke verteenwoordiger in Zimbabawe het veldwagters vir Claudio Chiarelli en sy seun, Massimiliano, gevra om in ’n teenstropery-operasie in die Mana Pools-reservaat, ’n gebied waar jag verbied word, te help. Die feite moet nog vasgestel word.”

Die polisie in Zimbabwe ondersoek die voorval.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

‘Ek is moeg, ek wil nie meer so lyk nie,’ vertel mismoedige Worcester-man met aardige groeisel aan sy nek

Nuwe inligting oor vermeende ‘Rhodes-verkragter’ bekend

Huisgenoot-joernalis vertel die storie van die barmhartige Samaritaan wat sy verlore beursie terugbesorg het

Vrou praat oor jarelange gewigstryd en hoe sy eindelik 40 kg verloor het – ‘ek sou net eet en eet en eet’

Só vermy jy kaartmisdadigers se skelmstreke

Pragfoto’s: Kyk hoe skitter SA se eie Candice Abrahams as Mev. Wêreld!

Weg met spiere! Eindelik ’n meer realistiese weergawe van Ken – kompleet met ’n ‘pappa-lyf’