Maande tevore was Adrian Derbyshire se nuustoevoer vol foto’s van sy pragtige blonde dogter wat glimlag terwyl sy selfies saam met haar stralende pa neem.

Maar op sommige van Adrian se mees onlangse foto’s lê dieselfde pragtige meisie doodstil in ’n hopitaalbed aan verskeie buise en masjiene gekoppel op die dorp Warrington in die Engelse graafskap Cheshire.

[caption id="attachment_163189" align="aligncenter" width="600"]Foto: Adrian Derbyshire, Facebook Foto: Adrian Derbyshire, Facebook[/caption]

Die foto’s is geneem kort voor Adrian die besluit geneem het om die 16-jarige Julia se lewensondersteuningstelsel af te skakel.

Julia, ’n slagoffer van aanlyn afknouery, het in 2015 haar lewe probeer neem en die hartverskeurende hospitaalfoto’s is kort daarna geneem, berig Metro .

[caption id="attachment_163187" align="aligncenter" width="600"]Foto: Adrian Derbyshire, Facebook Foto: Adrian Derbyshire, Facebook[/caption]

Nou het Adrian, ’n tweemalige Paralimpiese gouemedaljewenner, die foto’s van die hartseerste oomblik van sy lewe gedeel om bewustheid op te skerp van die liefdadigheidsorganisasie #SASSY (Support Against Self-harm and Suicide in Youth), wat hy ter ere van sy geliefde Julia gestig het.

Hy het die foto’s openbaar gemaak op wat sy dogter se 18de verjaardag sou gewees het.

[caption id="attachment_163188" align="aligncenter" width="370"]Foto: Adrian Derbyshire, Facebook Foto: Adrian Derbyshire, Facebook[/caption]

“Die uitreiking van hierdie foto’s was een van die moeilikste goed wat ek al gedoen het,” sê die gewese Paralimpiese skermer.

“Ek het die foto’s in die minute voor Julia se dood geneem en dit tot nou toe op my foon begrawe, want ek wou nie daarna kyk nie en ek wil steeds nie.”

“Pleks van haar uitneem vir sjampanje om haar 18de verjaardag te vier, het ek blomme op haar graf gesit.”

Adrian se nagmerrie het amper twee jaar gelede begin toe hy by die huis kom en sien Julia het haar lewe probeer neem, berig iTV.

Hy het kardiopulmonêre resussitasie uitgevoer en haar na die hospitaal gehaas, waar sy vyf dae aan ’n lewensondersteuningstelsel gekoppel was voor sy in Desember 2015 gesterf het.

Luidens berigte het Julia onder aanlyn boelies deurgeloop en haarself geskend.

[caption id="attachment_163181" align="aligncenter" width="600"]Foto: Adrian Derbyshire, Facebook Foto: Adrian Derbyshire, Facebook[/caption]

Haar pa, wat met ’n rolstoel oor die weg kom nadat hy in 2008 amper weens breinbloeding gesterf het, het dit nou sy lewensroeping gemaak om bewustheid te bevorder van die verwoesting wat aanlyn afknouery kan veroorsaak.

“Ons MOET aanhou om STIGMA, AFKNOUERY EN HAAT TE BEËINDIG EN DIEGENE TE ONDERSTEUN WAT MET GEESTESGESONDHEID SUKKEL AS GEVOLG DAARVAN,” skryf hy op Facebook.

[caption id="attachment_163186" align="aligncenter" width="600"]Foto: Adrian Derbyshire, Facebook Foto: Adrian Derbyshire, Facebook[/caption]

“Ek kan nie vir julle almal sê hoe ek voel nie, want ek is verby die punt van verplettering en verlies, maar hierdie hartverskeurend storie van ’n pragtige jong vrou wat weens ander mense moed opgegee het met haarself en die lewe, MOET GEHOOR WORD. Dit sal moeilik wees, maar ek wil hê julle almal moet hierdie plasing deel. BEWUSMAKING is die enigste manier wat ek ken om ander te ondersteun en nadat hulle dit gelees het, soek hulle dalk hulp en steun.”

In ’n latere plasing bedank hy die goedgesindes wat boodskappe van ondersteuning aan hom gestuur het.

[caption id="attachment_163182" align="aligncenter" width="600"]Foto: Adrian Derbyshire, Facebook Foto: Adrian Derbyshire, Facebook[/caption]

“Ek wil net vir julle almal dankie sê vir jul innige boodskappe, gedagtes, gebede en verjaardagwense vir Julia gister.

“Dit is waarskynlik een van die moeilikste besluite wat ek al moes neem om Julia se foto’s bekend te maak, maar ek kon nie nog ’n dag verduur van sien hoe pragtige, sorgsame, liefdevolle kinders, tieners en volwassenes dink hulle verdien nie liefde nie weens haat, stigma en afknouery.”