Al ooit gewonder waar die Afrikaanse popprinses Karlien van Jaarsveld haar besonderse danspassies op die verhoog vandaan kry? Wel, dit lyk asof haar pa, Bob, glad nie bang is om sy lyf akrobaat te hou nie! Karlien het onlangs ’n video op Instagram gedeel waarin Bob ’n handstaan doen. Sommer net daar in die kantoor waar hy besig was met vergaderings. "Dis wat my pa doen by ons vergaderings. Lekker Bob!" het die sangeres by die video geskryf.

Dis wat my pa doen by ons meetings. Lekke Bob!

A video posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

In die video kan gehoor word hoe iemand, vermoedelik Karlien, sê "daarsy, nog enetjie". Bob glimlag ondeund en sê net: "Dis genoeg; net nou val ek vooroor." Mens kan ook hoor hoe iemand in die vertek lekker lag en grappenderwys aan Karlien sê die speletjies is vir eers klaar en dat sy die video moet afskakel. Maar pa Bob is klaarblyklik nie al een by dié vergadering wat kan toertjies doen nie. ’n Ene Vaughn van Wyk skryf by die video: "Dis niks! Oom Bobby van Jaarsveld loop op sy hande rond in die gim nog voor ’n spin klas!" Een ding is duidelik: die Van Jaarsveld-gesin is beslis nie bang om die wêreld hul talente te wys nie. Lekker Bob!

Fishing with boys #family @bobbyvanjaarsveld @rynopieterse4 #dad

A photo posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on