Christianity Today, ’n evangelies-Christelike tydskrif, het ’n verskoning uitgereik nadat hulle ’n bisarre persoonlike advertensie geplaas het, opgestel deur ’n pa van Illinois in die VSA wat ’n kêrel vir sy dogter soek.

[caption id="attachment_119792" align="alignnone" width="607"]Dis nie die eerste keer dat die pa in sy dogter se liefdeslewe inmeng nie. Foto: Pexels Dis nie die eerste keer dat die pa in sy dogter se liefdeslewe inmeng nie. Foto: Pexels[/caption]

In die advertensie vir ’n “skoonseun” het Stephen Stewart geskryf hy is ’n ouderling by ’n kerk in Chicagoland wat op soek is na ’n man vir sy dogter, Rachel.

“Sy: godvresend, fantasties, atleties, opgelei, het ’n loopbaan, humoristies, berese, tweetalig, 26 jaar oud, maagd.”

“Jy: onwaardig, hoewel jy elke dag minder onwaardig raak”, het hy bygevoeg.

virgin8n-1-web

Die advertensie is in die afdeling vir vakante betrekkings van die tydskrif se Maart-uitgawe gepubliseer en die “vernederende” advertensie het sedertdien ’n opskudding veroorsaak en die redakteur het verskoning gevra.

“Ons strewe is dat alles wat in ons tydskrif geplaas word, die leerstellings pragtig weerspieël en die advertensie het dit nie gedoen nie,” het die hoofredakteur, Mark Galli, gesê.

“Ons het ernstig gekyk na die nasienproses van ons advertensies, het ’n klompie veranderings aangebring en ons kan ons lesers die versekering gee dat hierdie soort advertensie nooit weer sal verskyn nie.”

Volgens die Daily Beast het Rachel glad nie geweet haar pa het die advertensie in Christianity Today geplaas nie, tot mense begin het om kommentaar op haar blog, wat haar pa in die advertensie geplaas het, te plaas. Dit is sedertdien uitgewis.

Sy het geskryf sy was “beïndruk, maar nie verbaas nie” oor die plasing wat nou uitgewis is.

“Dit is ten minste gepas dat hulle dit in die ‘Vakante betrekkings’-afdeling geplaas het, want om sy skoonpa se streke te verdra, sal ’n heeltydse werk wees,” het sy geskryf, “sonder enige betaalde verlof.”

“Ek is net bang dat, indien dit nie uitwerk nie, ek die volgende keer my gesig op ’n advertensiebord geplak sal sien. O genade, nou gee ek hom idees.”

Dit is ook nie die eerste keer dat Stephan met sy dogter se liefdeslewe inmeng nie.

In die Valentynsdag-plasing op haar blog het Rachel vertel van haar pa se pogings om ’n potensiële vryer, na wie hy verwys het as “El Grande” of “Die Grote”, subtiel om te koop.

Bronne: The Daily Beast, Jezebel, NY Daily News

– Kirstin Buick

Lees ook op Huisgenoot.com:

Beïndruk motorgeesdriftiges as jy weet SA se Motor van die Jaar is . . .

Zephany Nurse se grootmaakma skuldig

Tokai-moord: Nóg klagtes kom moontlik teen Franziska-verdagtes

Vrou in Zephany Nurse-saak skuldig

Ma takel stigma: ‘My dogter is meer as net die geboortemerk op haar gesig’

Kyk: 7 koninklike kleingoed sal jou hart vermurwe

‘Liefie’ hier en ‘skattie’ daar: Basta met troetelname op kantoor sê vroue