Teen negeuur Woensdagoggend was 95 persent van stemlokale oop, sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK).

“Teen tienuur vandag het die stemmery glad, vreedsaam en vinnig verloop,” het die hoofverkiesingsbeampte Mosotho Moepya aan verslaggewers gesê by die OVK se uitslagsentrum in Pretoria.

“Teen elfuur was die laaste handvol wat vertragings ervaar het aan die gang.”

Hy sê die vertragings is deur ’n aantal logistieke en personeelprobleme veroorsaak.

Dit sluit in personeel wat laat gekom het, die laat aflewering van stemmateriaal en vertragings in die toegang tot stemlokale omdat gebou gesluit was.

- Sapa