“Die beeldmateriaal sluit foto’s in van ’n olifant waarvan die tande, slurp en bene sigbaar is. Ongelukkig is die vorm van die voorkop, geslagsorgane en oorkeeppatrone nie sigbaar nie en die olifant kan dus nie uitgeken word nie,” het ’n woordvoerder van Sanparke, Nandi Mgwadlamba, gesê.

Sy sê dit is belangrik, want die Knysnabos is een van die min woude waar olifante aangetref word.

Die olifant is reeds op 6 November afgeneem, maar die foto’s is eers gister afgelaai.

Die Landmark Foundation het die kamera in die Knysnabos gebruik om navorsing te doen oor luiperds. - Sapa

[caption id="attachment_63826" align="aligncenter" width="600"]Nog ’n foto van die olifant waarvan slegs die tande, slurp en bene sigbaar is. Foto: Landmark Leopard & Predator Project - South Africa (Facebook) Nog ’n foto van die olifant waarvan slegs die tande, slurp en bene sigbaar is. Foto: Landmark Leopard & Predator Project - South Africa (Facebook)[/caption]