Norman Rushworth het al meer as 20 000 drankies in die Golden Cross-kroeg in Shropshire weggeslaan en het ervaar hoe pryse verander van net vyf pennies tot R53 vir die drankie van sy keuse.

“Die plek het baie verbeter sedert ek die eerste keer hier begin drink het,” het hy aan die Daily Mirror gesê. “Ek en ’n paar vriende het altyd etenstye en naweke daar ingeloer. Ons kon dit nie elke dag bekostig nie. Ons het altyd liedjies gesing en speletjies gespeel.”

Norman het verlede maand sy 100ste verjaardag op sy gewone sitplek in die kroeg gevier.