Indiese polisiebeamptes het ’n man in hegtenis geneem wat glo sy kleinseun op Facebook wou verkoop.

Feroz Khan (47) het na bewering sy kleinseun kort ná sy geboorte ontvoer.

Twee tydelike werknemers by die hospitaal waar sy dogter die lewe geskenk het, het namens hom deur Facebook ’n ooreenkoms met ’n sakeman bereik wat die kind vir sowat R7 600 sou koop.

Satish Malhotra, ’n polisieman, sê Khan en sy helpers is aangekeer en die sakeman sal ondervra word.

Die polisie het die baba terugbesorg aan sy geskeide ma, Noori Khan.

Die drie beskuldigdes kan tot sewe jaar tronkstraf kry as hulle skuldig bevind word weens menseroof.

-Beeld