KLEIN Kayla*, uitgevat in ’n spesiale rokkie met ’n bypassende handsakkie, is eers skamerig vir die vreemde mense wat by haar en haar papa kom kuier.

Maar gou ontdooi sy en loer flirterig vir ons terwyl sy op haar pa se skoot klouter.

Jy kan skaars glo dat die vierjarige donkerkoppie vir drie jaar van haar lewe geglo het haar pappa is dood. Dis immers die storie wat haar ouma, by wie sy toe op Keimoes in die Noord-Kaap gewoon het, haar vertel het.

Johan*, ’n opleidingsbeampte by die gevangenis hier in die Paarl, is die afgelope vier jaar deur diep waters terwyl

hy ’n lang en uitgerekte stryd moes voer om toesig oor sy dogtertjie te kry.

Kayla se ma, Bianca*, is twee maande ná haar geboorte weens hartkomplikasies dood. Bianca en Johan, wat saam hier op die dorp gewoon het, het op trou gestaan toe die tragedie hom afspeel.

*Skuilname word gebruik om Kayla en haar familie se identiteite te beskerm

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 23 Desember 2010